Laerskool Roodekrans Redenaars

Laerskool Roodekrans Posbus 2152 Wilropark 1731 Hv. Wilde Amandel en Gardenia straat Roodekrans Telefoon nr: 011 764-2920 Faks nr: 011 764-2207

Monday, June 4, 2007

ATKVredenaarskompetisie

Sewe van ons leerders het verlede Donderdag aan die ATKVredenaarskompetisie
vir Suid-Gauteng deelgeneem, by Alma Mater
Akademie. 114 Deelnemers het gesorg vir ‘n baie strawwe kompetisie en
soos altyd het Roodekrans se leerders sommer ver uitgestaan bo die ander.
Ons wil aan AL sewe baie geluk sê: Hulle is: Johan Jannasch, Zanmia
Fourie, Ruben van Staden, Xanthé Visser, Jana Minnaar, Ilse Moolman
en Anton Scholtz.
By die Seniorafdeling het Xanthé en Anton deurgedring na die onvoorbereide
afdeling wat ‘n senutergende en naelbyt ervaring is, waar jy net 3 minute kry
om voor te berei, voor jy weer voor almal ‘n toespreek uit jou duim uit moet
suig, sonder om enigsins "nonsense" te praat. Hulle het natuurlik met
vlieënde vaandels daarin geslaag.
‘n Spesiale geluk dan aan: Ruben van Staden (Juniors) en Anton Scholtz
(Seniors) wat gekies is om aan die Gauteng uitdunne deel te neem. Dit sal
tussen 25 Mei en 15 Junie plaasvind.
Sterkte aan julle twee. Ons weet julle sal weer eens Roodekrans se naam
hoog hou!!